-
Details
-
Parent Category: Poems
-
Category: Reach for Recovery Poems
-
MAAR DIT WAS ALTYD SO
Dis terug
van heel agter
tot voor in my bewussyn,
skielik t'rug,
uit die skadu's verskyn.
Dit hou my hand
loop langs my aan
en wil my nie laat gaan.
Ewe skielik sien ek dan
aan my regterkant,
'n uitgestrekte hand,
'n gaatjie in die palm.
Ek neem die hand,
en word dan kalm,
vergeet my seer
en glimlag weer.
Ja, my dae is getel
maar nie eens oor.
My dae is getel,
maar dit was altyd so,
altyd, altyd so,
en ek kan nog voortgaan,
en die lewe soos altyd aanvaar.
Vergeet my seer;
ek glimlag nou alweer.
IT'S ALWAYS BEEN THAT WAY
It's back,
from the back of consciousness
to the forefront of awareness.
It's back,
flouting my plans
taking my hand
walking with me,
not letting me be.
But then I see,
reaching out to me,
another hand,
a pierced palm.
I take that hand,
regain my calm
forget my pain,
and smile again.
My days are numbered
but not yet up.
My days are numbered,
but that's how they've always been,
always, always been,
and I can go on
as I've always done.
Forget my pain
I smile again.